Franse geweste
(Aangestuur vanaf Région)
Frankryk was sedert 1956 tot 2015 in 27 geweste (Frans: régions) verdeel, waarvan 22 geweste in die Europese deel van Frankryk (régions métropolitaines – metropolitaanse geweste) [1] en 5 oorsese geweste (régions d'outre-mer) was.[2][3] Die geweste is die hoogste vlak van gebiedsverdeling in die Franse Republiek en word verder in departemente (Frans: départements) onderverdeel. Franse geweste vorm ook min of meer natuurlike geografies gebiede en het oor die algemeen 'n eie kulturele en sosiale identiteit. Baie van die moderne geweste kom ooreen en dra die naam van die historiese Franse provinsies.
Hervorming en samesmelting van geweste
wysigDie aantal geweste is amptelik op 1 Januarie 2016 tot 18 verminder, nadat 'n aantal geweste in die Europese deel saamgesmelt het.[4]
- Geweste wat saamgesmelt het
- Geweste wat onveranderd gebly het
Bretagne | |
Centre-Val de Loire | |
Korsika | |
Île-de-France | |
Pays de la Loire | |
Provence-Alpes-Côte d'Azur |
Verwysings
wysig- ↑ Korsika is eintlik 'n collectivité métropolitaine – metropolitaanse eenheid.
- ↑ Die oorsese geweste het die status van departement en lê buite Europa.
- ↑ Mayotte het in 2011 'n oorsese gewes geword wat die aantal oorsese geweste na 5 en die totale aantal geweste na 27 laat styg het.
- ↑ La carte à 13 régions définitivement adoptée, Le Monde, 17 Desember 2014.
Die administratiewe geweste van Frankryk (Régions de France) | |
---|---|
Metropolitaanse geweste (Régions métropolitaines): | |
Akwitanië | Auvergne | Boergondië | Bretagne | Centre-Val de Loire | Champagne-Ardenne | Elsas | Franche-Comté | Île-de-France | Korsika | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lotaringe | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays de la Loire | Pikardië | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes | |
Metropolitaanse geweste 2016 (Régions métropolitaines): | |
Auvergne-Rhône-Alpes | Boergondië-Franche-Comté | Bretagne | Centre-Val de Loire | Grand Est | Hauts-de-France | Île-de-France | Korsika | Nieu-Akwitanië | Normandië | Oksitanië | Pays de la Loire | Provence-Alpes-Côte d'Azur | |
Oorsese geweste (Régions d’outre-mer): | |
Frans-Guyana | Guadeloupe | Martinique | Mayotte | Réunion |
Hierdie artikel omtrent die geografie van Frankryk is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei. |