Río Magdalena
Die Río Magdalena ([ˈri.o maɣðaˈlena]) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 528 km, is die langste rivier in Colombia.
Río Magdalena | |
---|---|
Die Río Magdalena naby Barranquilla. | |
Die stroomgebied van die Río Magdalena. | |
Oorsprong | Laguna del Buey (Colombia) |
Monding | naby Barranquilla, Colombia Karibiese See |
Stroomgebied | Colombia |
Lengte | 1 528 km (949 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 3 685 m (12 090 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 7 200 m³/s (254 300 ft³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 257 438 km² (99 397 myl²) |
Die naam van die Río Magdalena kom van sy ontdekking deur Spaanse conquistadores. Sy ontdekker, Rodrigo de Bastidas, het die monding van die rivier op 1 April 1501 bereik. Soos dit destyds gebruiklik was, het hulle riviere en plekke na heiliges genoem. Die dag se heilige op 1 April was Maria Magdalena. Die volle naam van die rivier is Río Grande de la Magdalena.[3] Vertaal uit Spaans beteken dit: "Groot rivier van (Maria) Magdalena".
Tydens die Spaanse koloniale bewind het die Río Magdalena as belangrike skeepsroete tussen die hoofstad Bogotá, die belangrike hawestad Cartagena en Europa gedien.
Verwysings
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Río Magdalena.
- ↑ (es) "Sistema de informacion Ambiental de Colombia – SIAC". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 11 Februarie 2015.
- ↑ (en) "Chapter 14" (PDF). The Pacific and Caribbean Rivers of Colombia: Water Discharge, Sediment Transport and Dissolved Loads. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Maart 2012. Besoek op 11 Februarie 2015.
- ↑ "Polinizaciones: Las Abejas y las Garzas" (in Spaans). Polinizaciones.blogspot.com. 7 Februarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Februarie 2015.