Cartagena, Colombia
Cartagena (Spaans: Cartagena de Indias, "Cartagena van Wes-Indië") is 'n stad in die noordooste van Colombia aan die kus van die Karibiese See suidwes van Barranquilla en die monding van die Río Magdalena. Die stad is op 1 Junie 1533 deur Spaanse conquistadores gestig en is na Cartagena in Spanje genoem. Cartagena is die hoofstad van die departamento Bolívar en die vyfde grootste stad van Colombia. Die historiese stadskern van Cartagena is in 1984 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Colombia |
Departamento | Bolívar |
Streek | Karibies |
Koördinate | 10°24′N 75°30′W / 10.400°N 75.500°W |
Gestig op | 1 Junie 1533 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 709,1 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 955 250 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 347/vk km |
Tydsone | UTC -5 |
Burgemeester | Campo Elías Terán |
Amptelike Webwerf | cartagena.gov.co |
Geskiedenis
wysigDie stad is op 1 Junie 1533 deur Pedro de Heredia gestig en het gou ná Meksikostad die tweede belangrikste stad in die Nuwe Wêreld geword. Die stad was goed verdedig met 29 forte en dik mure van 40-voet. Ten spyte daarvan is die stad aangeval deur Franse magte in 1544 en ook deur Francis Drake in 1585 wat die stad beset het en dit teruggee het nadat 'n som geld aan hom betaal is. In 1697 het die Franse die stad oorgeneem en dit verlaat nadat $5 000 000 betaal is. In 1741 het die Engelse admiraal Edward Vernon egter nie daarin geslaag om die stad te beset nie.
Dit was die eerste stad wat sy onafhanklikheid van Nieu-Granada verklaar het. Simón Bolívar het die stad ook gebruik as basis om Venezuela te bevry. Die seerowers van Barataria, onder leiding van Jean Lafitte wat Britse en Spaanse skepe geteiken het, het sy basis hier gehad. Die stad het daarna in die hande van die Spaanse generaal Pablo Morilla geval; as gevolg van hulle hardkoppige weerstand en wrede straf het die stad die bynaam Heroic City verwerf. In 1821 is die stad weer bevry en by Groot-Colombia ingelyf.
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 485.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cartagena, Colombia.
- (en) Toerisme-inligting oor Cartagena, Colombia op Wikivoyage
- (es) Amptelike webwerf
- (en) "Cartagena". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 November 2024.