R27 (Suid-Afrika)
Die R27 is 'n provinsiale roete in Suid-Afrika wat bestaan uit twee losstaande segmente. Die eerste segment, ook bekend as die Weskussnelweg, verbind Kaapstad met Velddrif langs die Weskus. Die tweede segment loop van Vredendal via Vanrhynsdorp, Calvinia, Brandvlei en Kenhardt te Keimoes op die N14 naby Upington.[1] Die stuk tussen Velddrif en Vredendal is nog nooit gebou nie, hoewel dit met verskeie grondpaaie aangedurf kan word.
Provinsiale roete R27 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur SANRAL en WKDVOW | ||||
Belangrike aansluitings | ||||
Suidpunt | N1 in Kaapstad | |||
R45 naby Langebaanweg N7 in Vanrhynsdorp R63 naby Calvinia | ||||
Noordpunt | N14 in Keimoes | |||
Ligging | ||||
Stede | Kaapstad | |||
Dorpe | Milnerton Melkbosstrand Velddrif Vredendal Vanrhynsdorp Calvinia Brandvlei Kenhardt Keimoes | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die noordelike segment van die pad is besonders afgeleë; dit is 'n afstand van 370 km van Calvinia na Keimoes, en die enigste dorpe langs die pad is Brandvlei en Kenhardt.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Falkner, John (1 Mei 2012). "South African Numbered Route Description and Destination Analysis". Nasionale Departement van Vervoer. pp. 43–44. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.