R39 (Suid-Afrika)
Die R39 is 'n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Standerton met Ermelo verbind. Dit is 'n roete van 88 km in die Mpumalangaprovinsie. [1]
Provinsiale roete R39 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur MDOWPV | ||||
Lengte | 88,1 km (54,7 mi) | |||
Belangrike aansluitings | ||||
Van | R23 in Standerton | |||
R50 in Standerton R38 naby Standerton R35 in Morgenzon | ||||
Oospunt | N17 in Ermelo | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Roete
wysigDie R39 se beginpunt is in Baumannstraat, Florapark, aan die noordekant van Standerton, by 'n kruising met die R50-, R23- en die R546-roetes. Dit verlaat die dorp in 'n noordoostelike rigting, met die Grootdraaidam in die ooste. Dit kruis die R38 wat noordwaarts na Bethal loop, en gaan in 'n noordoostelike rigting oor die Blesbokspruit voor dit deur Morgenzon loop as Steynstraat, en die noord-suidwaartse R35-pad in die dorp kruis. Dit verlaat die dorp in 'n noordoostelike rigting voor dit in Ermelo as 'n t-aansluiting by die Bethalpad/Joubertstraat aansluit by die N17-hoofpad.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) Falkner, John (Mei 2012). "Suid-Afrikaanse genommerde roetebeskrywing en bestemmingsontleding". Nasionale Departement van Vervoer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.