R518 (Suid-Afrika)
streeksroete
Die R518 is 'n streeksroete wat Ellisras met Musina verbind. Die roete begin waar dit aftak van die R510-streeksroete, 4 km noord van Ellisras en oos gaan tot in Marken. Net voor Marken draai die R561 af. Na Marken swaai die roete eers suidwaarts en dan suidoos tot waar dit aansluit by die N11-nasionale pad. Die R518 deel nou die N11 vir 8 km tot in Potgietersrus, swaai af van die N11 en kruis die N1. Die roete gaan deur Zebediela, en deel dan die R519 vir 2.5km voor dit die R579 kruis in Lebowakgomo. Net hierna sluit die roete by die R37-provinsiale roete aan en eindig daar.
Streeksroete R518 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Suidoospunt | R510 noord van Ellisras | |||
R561 N11 R519 R579 | ||||
Noordwespunt | R37 in Lebowakgomo | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Marken Potgietersrus, Zebediela, | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|