R37 (Suid-Afrika)

Die R37 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Polokwane met Nelspruit verbind via Burgersfort en Lydenburg. [1]

Provinsiale roete R37 shield

Provinsiale roete R37
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL
Lengte304 km (189 mi)
Belangrike aansluitings
Noordwespunt R101 in Polokwane
  N1 in Polokwane
R555 in Burgersfort
R36 in Lydenburg
N4 naby Nelspruit
Suidoospunt R40 in Nelspruit
Ligging
StedePolokwane
Burgersfort
Lydenburg
Nelspruit
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
R36R38

Roete

wysig

Polokwane

wysig

Die R37 begin in sentrale Polokwane, by 'n kruising met die twee eenrigtingstrate (Grobler- en Thabo Mbekistrate), net wes van die kruising van die R101 met die R71-roete. Dit gaan suidwaarts as Kerkstraat en kruis die nuwe Polokwane Oostelike verbypad (N1 Nasionale Roete) en gaan verby die Polokwane-wildreservaat se wesgrens.

Die R37 gaan vir 30 km suidwaarts om die eindpunt van die R579-pad te bereik. Hier draai dit suidoos vir 7 kilometer tot by die oostelike eindpunt van die R518-pad noord van Lebowakgomo. By hierdie aansluiting draai die R37 oos en word die eerste gedeelte van die Orrie Baragwanathpas. Na 25 km ooswaarts bereik dit 'n kruising suid van Ga-Makgoba, waar die Orrie Baragwanathpas die pad na die noordooste word, terwyl die R37 rigting oos voortgaan. Net hierna steek die R37 die Olifantsrivier oor.

Burgersfort

wysig

Vanaf die Olifantsrivierkruising gaan die R37 vir 77 km suidoos om Burgersfort binne te gaan, net nadat dit die Steelpoortrivier gekruis het, en bereik 'n aansluiting met die R555-pad. Die R555 en die R37 vorm byna 2 kilometer suidoos dieselfde pad tot by die eerste kruising verby Burgersfort Mall. Die R37 gaan nou vir 58 km suidwaarts deur plaasboorde, verlaat die provinsie Limpopo en gaan Mpumalanga binne, oppad na die dorp Lydenburg (Mashishing).

Lydenburg na Sabie

wysig

In Lydenburg se noordelike voorstad ontmoet die R37 die R36-pad en vorm dit saam 'n pad suidwaarts tot in die middestad as De Clerqstraat, dan oos as 1ste straat, voordat die R36 sy eie pad suidwaarts na Dullstroom word by die kruising van Viljoenstraat. Die R37 gaan ooswaarts verder as Voortrekkerstraat voordat die Long Tompas bestyg word. Die pas gaan sig-sag vir 46 kilometer ooswaarts, tot dit die R532-pad net suid van die bosboudorp Sabie ontmoet.

Sabie na Nelspruit

wysig

By die R532-aansluiting suid van Sabie, draai die R37 suid weg vir 47 km suid-suidoos en ontmoet die oostelike eindpunt van die R539-pad by die stad Nelspruit (nou Mbombela). Dit bereik eers 'n kruising met die nuwe Mbombela Noordelike verbypad (N4 Nasionale Roete; Maputo-korridor) voordat die voorstad Riverside binnegaan en sy eindpunt bereik word by 'n kruising met die R40-roete (Madiba-rylaan), net langs die Krokodilrivier by die R40-kruising.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) Falkner, John (Mei 2012). "Suid-Afrikaanse genommerde roetebeskrywing en bestemmingsontleding". Nasionale Departement van Vervoer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.