Die Long Tompas is 'n geteerde bergpas in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit verbind Lydenburg met Sabie via die R37-hoofpad oor die Drakensberg. Die pas dra die naam van die bekende Long Tomkanonne wat die Boere teen die Britte gebruik het gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.

Long Tompas
’n Beeld van die betrokke bergpas.
Die Long Tompas op die R37 tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga.

Ligging van Long Tompas op 'n kaart (Mpumalanga)
Long Tompas
Long Tompas
Koördinate: 25°8′28.5″S 30°36′17.8″O / 25.141250°S 30.604944°O / -25.141250; 30.604944
Ligging Tussen Lydenburg en Sabie
Hoogte 2 150 m
Lengte 55,6
Oppervlak Teer
Ingenieur Abraham Espag
Begin in 1871
Voltooi in 1874
In Drakensberge
Pad R37
Replika van 'n Long Tomkanon langs die pas tussen Lydenburg en Sabie.

Geskiedenis

wysig

Die Voortrekkers het lank die droom gehad om 'n pad na Lourenço Marques (tans bekend as Maputo) te open. Lourenço Marques was nie onder Britse beheer nie. Die Drakensberg was egter 'n groot hindernis om die droom te bewaarheid. Toe goud gevind word by Lydenburg gedurende 1873 het die togryers 'n pad na Lourenço Marques gebou (200 km ver) bekend as die 'hawepad'. Gedurende 1871 het die Transvaalse Volksraad £3 000 bewillig vir die bou van 'n pad. Die kontrak is aan Abraham Espag toegeken. Sy pad het op baie plekke die ou 'hawepad' gevolg. Espag se pad is gedurende 1874 oopgestel.

Geografie

wysig

Die geteerde pas is op 22 Julie 1953 in gebruik gestel. Dit is 55.6 km lank en bereik 'n hoogte van 2 150 m by sy hoogste punt. Van Sabie af klim die pad met 1 000 m en daal dan 670 m af na Lydenburg. Aan die Sabiekant is daar baie plantasies, terwyl die hoogtes en Lydenburgkant nog grootliks met onversteurde grasveld bedek is. Die Nelsrivier ontspring by die pas, en vloei dan suidwaarts na Nelspruit, waar dit by die Krododilrivier aansluit.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig

Panorama

wysig
 
Die pragtige uitsig vanaf een van die uitklimplekke op die pas.