R536 (Suid-Afrika)
streeksroete
Die R536 is 'n streeksroete wat die R532-streeksroete vanaf Sabie met die Paul Kruger-hek by die Krugerwildtuin verbind.
Streeksroete R536 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | R532 by Sabie | |||
R537 R40 | ||||
Oospunt | Paul Kruger-hek by die Krugerwildtuin | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Hazyview | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die roete begin in Sabie en net daarna tak die R537 af. Die roete hou oos en maak 'n verspringende kruising van 950 m in Hazyview met die R40. Die roete hou steeds ooswaarts en eindig by die Paul Kruger-hek van die Krugerwildtuin.