Ramatlabama
Ramatlabama is 'n dorpie in Noordwesprovinsie en 'n grensbeheerpos vir voertuie en treine met Botswana.
Ramatlabama | |
---|---|
Dorpie en grenspos | |
Koördinate: 25°38′58″S 25°34′30″O / 25.64944°S 25.57500°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Mahikeng |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,47 km2 (7,13 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 38 297 |
• Digtheid | 2 073/km2 (5 370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 1.1% |
• Swart mense | 98.1% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 85.1% |
• Xhosa | 4.8% |
• Zoeloe | 3.3% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 5.1% |
Poskode (strate) | 2745 |
Poskode (posbusse) | 2745 |
Geskiedenis
wysigGedurende die Tweede Vryheidsoorlog was dit die hoofkwartier van die Regiment van die Protektoraat. Dit is verwoes in 'n onverwagte aanval deur die Boere. Die naam is afgelei van 'n insident waarin opperhoof Montsioa 'n leeu op kort afstand doodgemaak het. Dit beteken om wydsbeen oor te gaan.[2][3] Die grenspos het dieselfde naam aan die Botswanakant.
Spoorweë
wysigDit is die plek waar die spoorlyn tussen Kaapstad en Bulawayo Botswana binnegaan; noord van Ramatlabama vorm die spoorlyn die hooflyn van Botswana Spoorweë, en suidoos is dit deel van Transnet Freight Rail se netwerk in Suid-Afrika.
Suid-Afrika | Botswana | |
---|---|---|
Streek | Noordwes | Suidelik |
Dorp | Ramatlabama | Ramatlabama |
Pad | N18 | A1 |
Spoor | Transnet Freight Rail | Botswana Railways |
Koördinate | 25°38′58″S 25°34′30″O / 25.6494°S 25.5750°O | 25°38′21″S 25°34′25″O / 25.6391°S 25.5737°O |
Besigheidsure - Reisigers | 06:00 - 22:00 | 06:00 - 22:00 |
Besigheidsure - Algemeen | 07:30 - 16:15 | |
Telefoonnommer | +27 (0) 18 390 2533 | |
Faksnommer | +27 (0) 18 393 0334 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Ramatlabama". Sensus 2011.
- ↑ Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal
- ↑ Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- ↑ (en) Departement van Binnelandse Sake - SA Grensposte