IC 4406

(Aangestuur vanaf Retinanewel)

IC 4406, ook die Retinanewel genoem,[1] is 'n planetêre newel naby die westelike grens van die sterrebeeld Wolf, sowat 2 000 ligjare van die Aarde af. Dit het stofwolke en die vorm van 'n torus. Tog lyk dit effens reghoekig van die Aarde af, omdat dit van die kant af gesien word.[2]

Retinanewel
IC 4406, afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
IC 4406, afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Wolf
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 14h 22m 26.278s
Deklinasie -44° 09′ 04.35″
Absolute magnitude (M) -0,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2 000
Ander name
Retinanewel
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Struktuur

wysig

IC 4406 is tweepolig en het sterk komsentrasies van materiaal by sy ewenaar.[3] Sy knope het 'n "kantagtige" voorkoms en het geen geordende simmetrie na die sentrale witdwerg nie.[2] Die knope het geen sterte nie.[2] Nie een van die eienskappe het sterk kante nie.[2] Minstens vyf dowwe ringagtige strukture, wat as boë noord en suid van die hoofnewel gesien kan word, is deur die Baie Groot Teleskoop waargeneem.[4]

Die sentrale ster van die newel het 'n spektraaltipe soortgelyk aan dié van 'n Wolf-Rayetster.[5] Volgens 'n ontleding deur Gaia lyk dit of dit 'n dubbelsterstelsel kan wees.[6]

Verwysings

wysig
  1. Chadwick, Stephen; Cooper, Ian (11 Desember 2012). Imaging the Southern Sky. Springer. p. 149. ISBN 978-1461447498.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 O'dell, C. R. (2003). "Knots in Planetary Nebulae" in Winds, Bubbles, and Explosions: a conference to honor John Dyson, Pátzcuaro, Michoacán, México, September 9–13, 2002. S. J. Arthur & W. J. Henney 15: 29–33. 
  3. O'Dell, C. R.; Balick, B.; Hajian, A. R.; Henney, W. J.; Burkert, A. (2002). "Knots in Nearby Planetary Nebulae". The Astronomical Journal. 123 (6): 3329–3347. Bibcode:2002AJ....123.3329O. doi:10.1086/340726.
  4. Ramos-Larios, G.; Toalá, J. A.; Rodríguez-González, J. B.; Guerrero, M. A.; Gómez-González, V. M. A. (Junie 2022). "Rings and arcs around evolved stars - III. Physical conditions of the ring-like structures in the planetary nebula IC 4406 revealed by MUSE". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 513 (2): 2862–2868. arXiv:2203.01254. Bibcode:2022MNRAS.513.2862R. doi:10.1093/mnras/stac605. hdl:10261/275661. Besoek op 3 Junie 2022.
  5. González-Santamaría, I.; Manteiga, M.; Manchado, A.; Ulla, A.; Dafonte, C.; López Varela, P. (2021). "Planetary nebulae in Gaia EDR3: Central star identification, properties, and binarity". Astronomy & Astrophysics. 656: A51. arXiv:2109.12114. Bibcode:2021A&A...656A..51G. doi:10.1051/0004-6361/202141916. S2CID 237940344.
  6. Chornay, N.; Walton, N. A.; Jones, D.; Boffin, H. M. J.; Rejkuba, M.; Wesson, R. (2021). "Towards a more complete sample of binary central stars of planetary nebulae with Gaia". Astronomy & Astrophysics. 648: A95. arXiv:2101.01800. Bibcode:2021A&A...648A..95C. doi:10.1051/0004-6361/202140288. S2CID 230770301.

Skakels

wysig