Roeslan Gabbasof

Basjkiriese politikus
(Aangestuur vanaf Roeslan Gabbasow)

Roeslan Gabbasof (Russies: Руслан Габбасов; gebore 18 Julie 1979) is 'n Basjkiriese politikus. Hy is die stigter van die Basjkiriese Nasionale Politieke Sentrum, 'n separatistiese organisasie wat hom beywer vir die onafhanklikheid van die Republiek van Basjkortostan, tans 'n deelgebied van die Russiese Federasie.

Roeslan Gabbasof
Gebore18 Julie 1979
NasionaliteitRusland
BeroepPolitikus

Biografie

wysig

Gabbasof is in 'n Basjkiriese familie in Isjimbai gebore. Hy het geskiedenis aan die universiteit van Oefa gestudeer. Sedert 2011 is hy 'n lid van die Basjkiriese etniese beweging. Na die Russiese inval in Oekraïne in Februarie 2022 het hy politieke asiel in Litaue verkry. In Rusland is hy amptelik as 'n "buitelandse agent" verklaar.[1][2]

Verwysings

wysig
  1. "Руслан Габбасов: "Вижу себя представителем башкирского национального движения в эмиграции"". Idel.Realii (in Russies). 7 Desember 2021.
  2. "Руслан Габбасов: "Российские спецслужбы возродили отвратительный институт заложничества"". Idel.Realii (in Russies). 26 November 2023.