Basjkortostan
Basjkortostan of Basjkirië (Russies: Башкортостан of Башкирия; Basjkirs: Башҡортостан Республикаһы) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland).
Republiek van Basjkortostan / Basjkirië Башҡортостан Республикаһы | ||||
Die ligging van Basjkirië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Wolga | |||
Ekonomiese streek | Oeral | |||
Stigting | 23 Maart 1919 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Oefa | |||
Leier | Roestem Chamitof | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Staatsvergadering (Koeroeltai) | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 4 072 292 | |||
Volgorde | 7de | |||
Digtheid | 28,36 /km2 | |||
Stedelik | 60,4% | |||
Plattelands | 39,6% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 143 600 km2 | |||
Volgorde | 27ste | |||
Tydsone | UTC+06:00 | |||
Registrasienommer | 02, 102 | |||
Amptelike tale | Russies, Basjkiries | |||
Webtuiste | http://www.bashkortostan.ru | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Basjkortostan grens aan:
- Perm (noord)
- Swerdlofsk (noordoos)
- Tsjeljabinsk (oos/suidoos)
- Orenboerg (suidoos, suid en suidwes)
- Tartarstan (wes)
- Oedmoertië (noordwes)
Geskiedenis
wysigDie huidige Basjkirse gebied word al baie lank bewoon. Die eerste nedersettings is gestig in die Jong Steentyd. Tydens die Bronstyd het die gebied sterk begin ontwikkel. Die eerste lede van die Abasjewo-kultuur, die eerste beskawing wat hier in die Suidelike Oeral-gebied permanente nedersettings gestig het, het geweet hoe om bronswerktuie, -wapens en –versierings te maak. Die naam "Basjkirs" is in die 9de eeu die eerste keer gebruik vir die mense wat hier woon.
In die 10de eeu het die Islam onder die Basjkirs begin versprei en in die 14de eeu het dit die dominante godsdiens geword. Tot die 16de eeu was die huidige Basjkirië verdeel tussen die kanate van Kazan, Sibir en die Nogai-horde. Toe die kanaat van Kazan hom tussen 1554 en 1555 oorgee aan Iwan die Verskriklike, het afgevaardigdes van die westelike en noordwestelike Basjkirse stamme na Moskou gereis en die tsaar gevra of hulle vrywillig by Moskowië mag aansluit.
Van die eerste helfte van die 16de eeu word die Basjkirse gebied geleidelik omvorm tot ’n bestuursgebied van die Russiese Ryk, die opvolger van Moskowië. Met die Russiese Rewolusies van 1917 het die streek hom tot onafhanklike staat verklaar onder leiding van Zeki Welidi Togan en word dit ’n onderdeel van die kortstondige Moslemstaat Idel-Oeral. In 1922 word Basjkortostan ’n OSSR onder die naam Basjkirse Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek. Dit word op 31 Maart 1992 ’n outonome republiek in die Russiese Federasie.
Geografie
wysigBasjkortostan bevat dele van die Suidelike Oeral en die aangrensende vlaktes.
Riviere
wysigDaar is meer as 13 000 riviere in die republiek. Baie is geskik vir die vervoer van mense en vrag en is bereikbaar vanaf die Oos- en Swartsee.
Die belangrikste riviere is: Belaja (1 430 km), Oefa (918 km), Sakmara (760 km), Ik (571 km), Djoma (556 km), Ai (549 km), Joeroezan (404 km), Bistri Tanip (345 km), Sim (239 km), Noegoesj (235 km), Tanalik (225 km), Zilim (215 km) en Sjoen (209 km).
Mere
wysigDaar is sowat 2 700 mere en waterreservoirs in die republiek. Die grootstes is: Asilikoel (23,5 km²), Kandrikoel (15,6 km²), Oergoen (12,0 km²), Pawlofskoje (120,0 km²) en Noegoesjkoje (25,2 km²).
Berge
wysigDie republiek is in die suidelike deel van die Oeralgebergte geleë. Die hoogste berge is:
- Jamantaoe (1 638 m)
- Bolsjoi Iremel (1 582 m)
- Mali Iremel (1 449 m)
- Arwjakrjaz (1 068 m)
- Zilmerdak (909 m)
- Alataoe (845 m)
- Joermataoe (842 m)
Klimaat
wysig- Gemiddelde jaartemperatuur: 0,3 °C (berge) tot 2,8 °C (vlaktes)
- Gemiddelde temperatuur Januarie: -16 °C
- Gemiddelde temperatuur Julie: +18 °C
- Gemiddelde jaarlikse neerslag: 430 mm
Bevolking
wysigIn 2002 het 4 104 336 mense in Basjkortostan gewoon. Hiervan was 29,8% Basjkiriërs, 36,3% Russe en 24,1% Tartare. Ander bevolkingsgroepe sluit in die Tsjoewasjiërs met 2,9%, Mari met 2,6% en Oekraïners met 1,3%.
Die amptelike tale is Russies en Basjkiries. Byna alle inwoners praat Russies (96,4%). Sowat 34,0% praat Tartaars en 25,8% Basjkiries.
Groot stede en dorpe
wysig- Oefa (Уфа) – 1 042 437 inwoners
- Sterlitamak (Стерлитамак) – 264 362
- Salawat (Салават) – 158 600
- Neftekamsk (Нефтекамск) – 122 290
- Oktjabrski (Октябрьский) – 108 647
- Beloretsk (Белорецк) – 71 093
- Isjimbai (Ишимбай) – 70 195
- Toeimazi (Туймазы) – 66 687
- Koemertaoe (Кумертау) – 65 003
- Melo-oez (Мелеуз) – 62 949
- Belebei (Белебей) – 60 928
- Sibai (Сибай) – 59 082
- Oetsjali (Учалы) 43 298
Ekonomie
wysigDie ekonomie van Basjkortostan is baie afhanklik van sy verouderde olieverwerkingsnywerheid, wat nog uit die tyd van die Sowjetunie kom. Die nywerheid is ná die val van die Sowjetunie grotendeels geprivatiseer. Die grootste deel het beland in die hande van faksies wat aan Rachimof getrou is.
Basjkortostan het groot oliereserwes. Ander belangrike grondstowwe is aardgas, steenkool, yster, goud en gips.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Basjkortostan.