Ronald Evans
Ronald Ellwin "Ron" Evans (* 10 November 1933 – † 7 April 1990; Kaptein, Amerikaanse Vloot) was 'n Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, elektriese ingenieur, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder. Hy is ook een van slegs 24 mense wat na die Maan gevlieg het.
Ronald Evans | |
---|---|
Ronald Evans in 1971 | |
Gebore | Ronald Ellwin Evans Jr. 10 November 1933 |
Sterf | 7 April 1990 (op 56) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder |
Ouer(s) | Clarence Ellwin Evans Marie A. Evans (née Priebe) |
Evans is in 1966 as Nasa-ruimtevaarder gekeur, as deel van Ruimtevaardergroep 5. Tydens sy enigste ruimtereis was hy die bevelvoerder van die beheermodule as deel van die Apollo 17-missie. Hy het in die beheermodule om die maan gewentel terwyl sy kollegas, Eugene Cernan en Harrison Schmitt, op die maan geland het. Hy het vir 148 uur alleen om die maan gewentel en die rekord staan nog.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ronald Evans.
- (en) Ronald Evans in die Internet-rolprentdatabasis