Roodepoort
Roodepoort is 'n stad in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is wes van Johannesburg geleë en is deel van die Witwatersrand. Die naam verwys na die rooi grond wat so algemeen is in die omgewing.
Roodepoort | |
---|---|
Hoofrifweg – 'n groot pad wat die voorstede met die middestad verbind | |
Koördinate: 26°10′S 28°0′O / 26.167°S 28.000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Stigting | 1884 |
Oppervlak | |
• Totaal | 161,50 km2 (62,36 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 326 416 |
• Digtheid | 2 021/km2 (5 230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 35.4% |
• Indiërs/Asiërs | 4.0% |
• Bruin mense | 8.2% |
• Swart mense | 51.4% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 29.8% |
• Afrikaans | 24.0% |
• Zoeloe | 9.0% |
• Tswana | 8.8% |
• Ander | 28.4% |
Poskode (strate) | 1725 |
Poskode (posbusse) | 1725 |
Skakelkode | 011 |
Geskiedenis
wysigDie stad het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud. 'n Mynkamp is in 1888 gestig op 'n plaas met die naam Roodepoort. Munisipale status word verkry in 1903. Die eerste gemeente van die NG Kerk, die NG gemeente Roodepoort, het op 17 Mei 1905 met 400 lidmate van die NG gemeente Krugersdorp afgestig. Die stad is in 1949 deur 'n geweldige orkaan getref wat baie mense dakloos gelaat en geweldige materiële skade aangerig het.
Besienswaardighede
wysig- Kloofendal-natuurreservaat - Hier is een van die oorspronklike myne van die omgewing.
- Roodepoort museum
- Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin - Hier is natuurskoon, formele tuine en 'n waterval.
- Gauteng Mediese Voorraaddepot
Onderwys
wysigSekondêre instellings
wysig- Wes Ridge High School[2]
Tersiêre instellings
wysig- Technikon RSA
- Roodepoort Kollege
- Verskeie privaat instansies soos Damelin, CTI, ens.
- Delarey
- Maraisburg, so genoem na die eienaar van die plaas waarop dit geleë is, A.P. Marais.
- Hamberg, genoem na die plaaseienaar J.N. van den Berg en sy agent, Hamman.
- Florida, so genoem weens sy natuurskoon na die Amerikaanse staat Florida.
- Durban Deep
- Selwyn
- Roodepoort
- Georginia
- Ontdekkers (Discovery)
- Roodepoort-Noord
- Horison
- Lindhaven
- Witpoortjie
- Culembeeck
- Constantiakruin
- Kloof-en-dal
- Horison-view
- Helderkruin
- Roodekrans
- Little Falls
- Weltevredenpark
- Florida Hills
- Ruimsig (na bewering een van die snelgroeiendste woonbuurte in die land)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Roodepoort". Sensus 2011.
- ↑ Maroela-redaksie (13 Februarie 2020). "Matrieks geskors oor seksvideo". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020. Besoek op 13 Februarie 2020.
Bronne
wysig- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roodepoort.