Rooi-ivoor
Die Rooi-ivoor (Berchemia zeyheri) is 'n middelgroot boom (tot 15 m hoog) wat inheems is in Botswana, Eswatini, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika word dit aangetref in klipperige bosveld vanaf die suide van KwaZulu-Natal, noordwaarts tot in die suide van Zimbabwe en weswaarts tot in Kimberley.[1] Sy blare lyk net soos die bruinivoor s'n. Die hout van die boom is 'n dowwe rooi en kieries en knopkieries van die hout mag tradisioneel slegs deur Zoeloe-koninklikes gebruik word.
Rooi-ivoor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Berchemia |
Spesie: | B. zeyheri
|
Binomiale naam | |
Berchemia zeyheri (Sond.) Suess., (1953)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom kom voor op die lys van Suid-Afrikaanse beskermde bome. Dit mag dus nie sonder amptelike toestemming verwyder of beskadig word nie.[2][3]
Verspreiding
wysigDie rooi-ivoor groei hoofsaaklik in suidelike subtropiese gebiede. In Suid-Afrika kom die boom voor in die provinsies Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.
Aanplanting
wysigDie boom kan redelik maklik van saad gekweek word. Alhoewel dit stadig groei, kant dit ‘n hoogte van ‘n 15m bereik. Dit is nie teen lae temperature opgewassse nie. In groot tuine kom die mooi boom goed tot sy reg. Voëls en vrugtevlermuise word gelok na die smaaklike geel, bruin, rooierige en soms selfs pers steenvrug.
Hout
wysigDie hardheid van die hout is ‘n besondere kenmerk. Ook het dit ‘n opvallende helder pienk tot rooi kleur. Dit word gebruik vir die maak van meubels en veral snoeker- en biljartstokke en hewwe van messe. Rooi-ivoor was tot die Anglo-Zoeloeoorlog die koninklike boom van die Zoeloe-volk. Gebruik van die hout was voorbehou tot lede van die koninklike familie en die hoofmanne. Dele van die boom is ook verwerk in tradisionele medisyne.
Name
wysig- Wetenskaplike naam: Berchemia zeyheri.
- Tswanas verwys na die boom as die moye.
- Zoeloes ken dit as die umncaka.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
- PlantZAfrica
- Landbouweekblad, 5 Mei 2022
Verwysings
wysig- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 155. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 November 2014. Besoek op 10 November 2014.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link) - ↑ Fisheries, Department of Agriculture, Forestry and. "Department of Agriculture, Forestry and Fisheries > Branches > Forestry & Natural Resources Management > Forestry Regulation & Oversight > Sustainable Forestry > Protected Trees". www.daff.gov.za (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2017. Besoek op 4 Augustus 2017.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)