Rooiadder
slangspesie
Die Rooiadder (Bitis rubida) is 'n adder wat van die Sederberg tot die Roggeveldberge en Kromberg voorkom in die Wes-Kaap. In Engels staan die slang bekend as die Red Adder. Hierdie slang is eers in 1997 beskryf.
Rooiadder | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. rubida
|
Binomiale naam | |
Bitis rubida Branch, 1997
| |
Sinonieme | |
|
Identifikasie
wysigDie slang word 25 tot 30 cm lank met 'n maksimum van 42 cm. Dit is effekleurig rooi of rooibruin en daar is gepaarde vlekke op die rug. Dit skuil onder klippe en struike en kan soms soggens in die son bak. Die slang vreet akkedisse, geitjies, skinke en knaagdiertjies. Die wyfie kan tot 10 kleitjies voortbring in die somer.
Daar is nog geen aanmelding dat mense gebyt is nie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008. ISBN 978 1 77007 732 4
Verwysings
wysig- ↑ McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, Volume 1. Washington, District of Columbia: Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume).