Rooibergsepterbos
plantspesie
Die Rooibergsepterbos (Paranomus roodebergensis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Paranomus behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Rooiberg, Huisrivierpas en Touwsberg.
Rooibergsepterbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. roodebergensis
|
Binomiale naam | |
Paranomus roodebergensis (Compton) Levyns, (1970)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik word tot 2.5 m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word ryp twee maande nadat die plant geblom het, en die sade val op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sandsteen-sand op hoogtes van 600 - 1300 m.
In Engels staan die struik as die honey-scented sceptre bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.6[1]