Rostof aan die Don
Rostof aan die Don (Russies: Росто́в-на-Дону́, Rostof-na-Donoe) is 'n stad in Rusland wat in 1749 gestig is. Dit is die hoofstad van die Rostof-oblast en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van Suid-Rusland, met 'n bevolking van 1,13 miljoen in 2018. Dikwels word na Rostof, wat sowat 960 km suid van Moskou en 46 km vanaf van die Don se monding in die See van Azof geleë is, verwys as die "Poort tot die Kaukasus". In die tydperk van die Tsareryk was Rostof 'n belangrike handelspilpunt in die suide en 'n belangrike militêre pos tydens die oorloë teen die Ottomaanse Ryk.[1]
Die Rostof-oblast in Rusland | Wapen |
Vlag | |
Land | Rusland |
Oblast | Rostof |
Koördinate | 47°14′N 39°42′O / 47.233°N 39.700°O |
Stigting | 1749 |
Stadstatus | 1797 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 348,5 vk km |
Hoogte bo seevlak | 70 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 1 130 305 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 100/vk km |
Tydsone | UTC +3 (MSK) |
Burgemeester | Zinaida Nejarokhina |
Amptelike webwerf | rostov-gorod.ru |
'n Ander bynaam, wat aan die stad gegee is, is "Hawestad van die vyf seë" – 'n verwysing na die kanaal wat die Don met die Wolga verbind en sodoende toegang verleen tot vyf seë: die See van Azof, die Swartsee, die Kaspiese See, die Witsee en die Oossee.
Die stad was op 19 Maart 2016 in die nuus nadat 'n Boeing 737-800 van die lugredery FlyDubai tydens landing daar neergestort het. Al 55 passasiers en ses bemanningslede is op slag dood. Die meeste van die passasiers aan boord van Vlug FZ981 was Russe.[2] Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018.
Susterstede
wysigVerwysings
wysig- ↑ (de) Russia Beyond, 18 Januarie 2015: Rostow am Don: Heimat der schönsten Frauen Russlands. Besoek op 27 Februarie 2020
- ↑ (en) Russia plane crash: Dozens killed in Rostov-on-Don, BBC.com, 19 Maart 2016. URL besoek op 19 Maart 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rostof aan die Don.
- (en) Toerisme-inligting oor Rostof aan die Don op Wikivoyage
- (ru) Amptelike webwerf