Rosyntjiebos
Die rosyntjiebos (Grewia flava) is 'n struik of klein boompie wat wydverspreid in die bosveld regdeur die binneland van Suid-Afrika voorkom, behalwe die Wes- en Oos-Kaap en 'n groot deel van Zimbabwe. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini en Namibië.
Rosyntjiebos | |
---|---|
Loof en blomme | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Grewia |
Spesie: | G. flava
|
Binomiale naam | |
Grewia flava DC., 1813
| |
Sinonieme | |
|
Beskrywing
wysigDit word ongeveer 2 m hoog en dra geel stervormige blomme en oranje-bruin vrugte wat van Februarie af begin ryp word. Die blare is regop met drie are uit die simmetriese basis en daar is silwerige hare aan die bo- en onderkant.
Ander name
wysigDie struik staan ook as die fluweelrosyntjie(bos), wilderosyntjie, brandewynbessie of wilderosyntjie bekend. Ander inheemse name sluit in: moretla (Sotho) en brandy bush (Engels). Die boom se FSA-nommer is 459.1.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Rosyntjiebos
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rosyntjiebos.