Ruschia altigena
Plantspesie
Ruschia altigena is 'n vetplant uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voorkom. Die spesie word in die Swartberge, Witteberg en die Baviaanskloofberge gevind waar dit deel van die fynbos is. Dit kom op rotsagtige hellings op hoogtes bo 1700 m voor. Die plant word beskou as seldsaam.
Ruschia altigena | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Ruschia |
Spesie: | R. altigena
|
Binomiale naam | |
Ruschia altigena L.Bolus 1950
| |
Sinonieme | |
|