Ruschia langebaanensis
plantspesie
Ruschia langebaanensis is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is. Die spesie word in die Wes-Kaap aangetref vanaf die Vredenburg skiereiland tot by Yzerfontein waar dit in die strandveld langs die graniet rotse voorkom. Dit word ook beskou as deel van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1075 km² en het reeds habitat afgestaan aan gewasverbouing. Die oorblywende populasie word bedreig deur ontwikkeling, oorbeweiding en 'n gebrek aan 'n brandbeheer program.
Ruschia langebaanensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Ruschia |
Spesie: | R. langebaanensis
|
Binomiale naam | |
Ruschia langebaanensis L.Bolus, (1932)
|
Dit is 'n rankplant wat magenta blomme dra, 20 mm in deursnee, van Augustus tot September.
Bronne
wysig- John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 ISBN 978 1 77584 590 4
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online