Russiese braille
Russiese braille is die braillealfabet van Russies en, met aanpassings, tale in buurlande wat die Cyrilliese skryfstelsel gebruik soos Oekraïens en Mongools. Dit is gegrond op die Latynse transliterasie van Cyrillies, met bykomende letters spesiaal vir Russies. Dit is in Russies bekend as Шрифт Брайля Sjrift Brailja, "brailleskrif".
Russiese braille | |
---|---|
Soort skryfstelsel | Alfabet |
Taal | Russies |
Stelsel | Braille |
Gegrond op | Russiese alfabet |
Alfabet
wysigRussiese braille lyk soos volg:[1][2][3]
Druk | а a | б b | в w | г g | д d | е e, je | ё jo | ж zj | з z | и i | й j |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Braille | |||||||||||
Druk | к k | л l | м m | н n | о o | п p | р r | с s | т t | у oe | ф f |
Braille | |||||||||||
Druk | х ch | ц ts | ч tsj | ш sj | щ sjtsj | ъ ” | ы i | ь ’ | э e | ю joe | я ja |
Braille |
Die Russiese alfabet van voor die Russiese Rewolusie het verskeie letters ingesluit wat nie meer gebruik word nie. Daarbenewens het die letter э ietwat anders gelyk.
Druk | ѳ th | і i | ѣ ě | э è |
---|---|---|---|---|
Braille |
Hoewel dié letters nie meer in Russies gebruik word nie, kom hulle nog voor in die braillealfabette van ander tale.
Punktuasie
wysigEnkelpunktuasie:[3]
Druk | , | .[4] | ? | ! | ; | : | - | — |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Braille |
Dubbele punktuasie:
Druk | « ...... » (buite-aanhaling) |
„ ...... “ (binne-aanhaling) |
( ...... ) | [ ...... ] |
---|---|---|---|---|
Braille |
Formatering
wysigKurs. | Hoofl. | No. | Kolom |
---|---|---|---|
Syfers en berekenings
wysigSyfers is die letters a-j met vooraan, nes in ander alfabette. Wiskundige simbole is soos volg:
Druk | + | - | × | · | : | = |
---|---|---|---|---|---|---|
Braille |
Druk | < | > | ( | ) | √ | % |
---|---|---|---|---|---|---|
Braille |
Wiskundige simbole word voorafgegaan, maar nie gevolg nie, deur ’n spasie, byvoorbeeld:
- 6 × 7 : 14 = 3
Uitbreidings vir ander tale
wysigBaie tale van die voormalige Sowjetunie gebruik gedrukte alfabette wat van die Russiese alfabet afgelei is, met toevoegings vir unieke klanke. Net so stam hulle braillealfabette van Russiese braille af. Die brailletekens vir letters wat ooreenstem met dié in Russiese druk is dieselfde as in Russies braille. Daar is egter geen internasionale konsekwensie onder die bykomende letters nie, buiten і, wat in Oekraïens, Belarussies en Kasaks gebruik word – en selfs dan gebruik Kirgisies vir ң (ŋ). Gewoonlik word al die Russiese letters nie gebruik nie, behalwe miskien in leenwoorde. Punktuasie- en formateringstekens stem meestal ooreen met Russiese braille.
Oekraïense braille
wysigOekraïens het die bykomende letters і, ї, є, ґ. Die є is die spieëlbeeld van die ou Russiese э, terwyl і die ou Russiese і is (dus die omgekeerde van й en dieselfde as die Engelse en Franse y) en ї is die ou Russiese jat (ѣ).[5]
Druk | є | ґ | і | ї |
---|---|---|---|---|
Braille |
Unesco kon hierdie waardes in 2013 nie bevestig nie.[6]
Belarussiese braille
wysigBelarussies het die bykomende letters і en ў. Hulle is die spieëlbeeld van й en у.
Druk | і | ў |
---|---|---|
Braille |
Unesco kon hierdie waardes in 2013 nie bevestig nie.[6]
Kasakse braille
wysigKasaks het die bykomende letters ә, ғ, қ, ң, һ, ө, ү, ұ, і.[6]
Druk | ә | ғ | қ | ң | ө | ү | ұ | һ | i |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Braille |
Mongoolse braille
wysigMongools het ook die letters ө, ү, maar met ander brailletekens:[6]
Druk | ө ö | ү ü |
---|---|---|
Braille |
Albei dié letters is verouderd in Russiese braille. Die gedrukte Mongoolse klinker ө (ö) lyk amper soos die ou Russiese medeklinker ѳ (th) en gebruik dieselfde brailleteken; die Mongoolse klinker ү (ü) gebruik die brailleteken van die ou Russiese klinker jat.
Verwysings
wysig- ↑ specposobie.narod.ru/brail
- ↑ 萬明美, 2001, 「視障教育」, 五南圖書出版股份有限公司, p. 108
- ↑ 3,0 3,1 Рельефно-Точечный Шрифт Брайля
- ↑ En dus vir die ellips
- ↑ Брайля Шрифт, Leksika.com.ua
(ґ is nie aangeteken nie) - ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 World Braille Usage Geargiveer 8 September 2014 op Wayback Machine, Unesco, 2013
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia