Ruth Mompati
Suid-Afrikaanse politikus
Ruth Mompati (14 September 1925 - 12 Mei 2015) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en een van die leiers van die Vroue-optog op 9 Augustus 1956.[1]
Ruth Mompati | |
Parlementslid, Suid-Afrikaanse ambassadeur en burgemeester
| |
Tikster vir Nelson Mandela en Oliver Tambo
| |
---|---|
Ampstermyn 1953 – 1961 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Ruth Segomotsi Mompati 14 September 1925 Ganyesa, Kaapprovinsie |
Sterf | 12 Mei 2015 (op 89) Kaapstad |
Alma mater | Tygerkloof Onderwysersopleidingskollege |
Vroeë lewe en onderwys
wysigRuth Mompati is in die verrenoorde van die destydse Kaapprovinsie (nou Noordwes) gebore. Nadat sy standaard 6 voltooi het, het sy vir 'n blanke gesin gewerk en later na die Tygerkloof Onderwysersopleidingskollege gegaan, waar sy in 1944 haar onderwysdiploma verwerf het.
Loopbaan
wysigVan 1953 tot 1961 werk sy as tikster by Nelson Mandela en Oliver Tambo in hul regspraktyk in Johannesburg. Sy het in 1954 by die African National Congress aangesluit en is verkies tot die Nasionale Uitvoerende Komitee van die Vroueliga.
Verwysings
wysig- ↑ "Ruth Mompati - South African History Online". sahistory.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2019.