FSV Zwickau
Volledige naam | Fußball und Sport-Verein Zwickau e.V. |
Stigtingsdatum | 1912 |
Tuisveld | Westsachsenstadion, Zwickau |
Kapasiteit | 14 200 |
Kompetisie | 3. Liga |
FSV Zwickau is 'n Duitse sokkerklub uit Zwickau in die deelstaat Sakse.
Geskiedenis
wysigSG Planitz is in 1912 gestig in Planitz naby Zwickau, sedert 1944 'n stadswyk van Zwickau. In die 1930’s het die klub in die Gauliga gespeel, destyds die hoogste vlak.
Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub heropgerig, maar in tipies Oos-Duitse styl het die klub 'n reeks naamsveranderinge ondergaan: In 1949 word die klub ZSG Horch Zwickau en die volgende jaar BSG Horch Zwickau. In die 1950/51-seisoen word die klub BSG Motor Zwickau. In 1968 smelt die klub saam met Aktivist Karl Marx Zwickau en word Sachsenring Zwickau. Die laaste naamsverandering was op 1 Januarie 1990 toe die huidige naam aangeneem is.
DDR-Oberliga
wysigSG Planitz was die eerste kampioen van Oos-Duitsland, maar nie in die DDR-Oberliga, wat eers die volgende jaar opgerig is, nie. Die klub het SG Freiimfelde Halle in die eindstryd verslaan. Daar was planne om die kampioen van die Sowjet-geokkupeerde Duitsland teen die wenner van al die ander gebiede deur die Geallieerdes beheer te laat speel om die Duitse kampioen te bepaal, maar die Koue Oorlog het dit verhoed toe die Sowjet-Unie Planitz verhoed het om na Stuttgart te reis om teen 1. FC Neurenberg te speel in die kwarteindronde.
Die klub se grootste sukses hierna was in die 1949/50-seisoen, toe dit die DDR-Oberliga gewen het. Die Oos-Duitse beker is ook drie keer gewen. 'n Groot prestasie is in 1975 behaal toe Zwickau die halfeindstryd van die Europese beker II gehaal het deur onder andere Panathinaikos Athene, AC Fiorentina en Celtic Glasgow in die voorafgaande rondes uit te skakel.
Duitse eenwording
wysigNa die Duitse eenwording was die klub se beste tye die 4 seisoene sedert 1994 in die 2. Bundesliga, maar die klub het ernstige finansiële probleme ontwikkel en daardeur so laag as die Landesliga gesak. Tans speel die klub in die Oberliga, die 4de vlak van Duitsland.
Erelys
wysigOnlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen | |
VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | |