Sainte-Catherine, Quebec
Sainte-Catherine is 'n klein stad in die suidweste van die Franssprekende Kanadese provinsie Quebec wat net buite Montreal aan die suidoewer van die Sint-Laurensrivier geleë is.
Ville de Sainte-Catherine | |
---|---|
Stad | |
Sint-Laurenswaterweg in Sainte-Catherine | |
Koördinate: 45°24′00″N 73°35′00″W / 45.40000°N 73.58333°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Streek | Montérégie |
MRC | Roussillon |
Stigting | 1937 |
Stadstatus | 1973 |
Regering | |
• Burgemeester | Jocelyne Bates |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,19 km2 (3,93 vk. myl) |
Hoogte | 15 m (49 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 16 762 |
• Digtheid | 1 644,9/km2 (4 260/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | J5C |
Skakelkodes | 450 |
Webwerf | sainte-catherine.qc.ca |
Administratief val Sainte-Catherine, waarvan die bevolking in die Kanadese sensus van 2011 as 16 762 bepaal is, onder die streeksdistriksmunisipaliteit (municipalité régionale de comté, MRC) Roussillon.