Sambokpeul
Die sambokpeul (Cassia abbreviata) is 'n kleinerige boom in die Fabaceae familie. Daar is reeds drie subspesies aangeteken. Die boom se FSA-nommer is 212.[2]
Sambokpeul | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. abbreviata
|
Binomiale naam | |
Cassia abbreviata | |
Subspesies | |
C. a. subsp. abbreviata |
Beskrywing
wysigDie boom wat tot 6 m hoog kan word het 'n geronde kroon en taamlik oorhangende takke. Die saamgestelde blare is ongeveer 30 cm lank met 5 tot 12 pare blaartjies wat soms fluweelagtig is. Die blomme is ongeveer 4 cm in deursnee. Die peule is fluweelagtig, silindries, goudbruin tot bruin en tot 90 cm lank.
Verspreiding
wysigDie boom kom voor in Limpopo en Mpumalanga. Buite Suid-Afrika is die boom inheems aan Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Galery
wysig-
'n Sambokpeul groei langs die pad
-
Saadpeule
-
Blaredrag
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Cassia abbreviata was originally described and published in Flora of Tropical Africa 2: 271. 1871. GRIN (19 Desember 2007). "Cassia abbreviata information from NPGS/GRIN". Taxonomy for Plants. National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland: United States Department of Agriculture, Agricultural Research Service, National Genetic Resources Program. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2013. Besoek op 6 Desember 2011.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- PlantzAfrica
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sambokpeul.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Sambokpeul