Samkelo Bunu
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Samkelo Bunu (1972–2004) was ’n Suid-Afrikaanse ets- en tekenkunstenaar en maker van afdrukke. Hy het veral met die intaglio-afdrukkuns kleurvolle etse gemaak waarvan die delikate detail beïndruk het. Hy het verskeie belangrike toekennings oor sy kort loopbaan ontvang.[1]
Samkelo Bunu | |
---|---|
Geboortenaam | Samkelo Griffiths Bunu |
Gebore | 9 Januarie 1972 Butterworth |
Sterf | 2004 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Veld | Ets- en tekenkuns |
Opleiding | Michaelis-kunsskool |
Buno is in 1972 in Butterworth gebore en aan die Michaelis-kunsskool in Kaapstad opgelei. Hy het in 1992 aan 'n studente-uitstalling by die Australiese Nasionale Universiteit deelgeneem. In 1996 is hy met Volkskas se L'Atelier-merieteprys bekroon.
Sy intaglio-werk word in Philippa Hobbs en Elizabeth Rankin se seminale publikasie, Printmaking in a transforming South Africa, beskryf.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8