Skoonma-se-tong
spesie in die genus Sansevieria in die divisie van bedeksadiges
(Aangestuur vanaf Sansevieria trifasciata)
Skoonma-se-tong (Sansevieria trifasciata) is 'n spesie in die genus Sansevieria in die divisie van bedeksadiges (blomdraende plante, Angiospermae) in die koninkryk van plante (Plantae) en is inheems aan tropiese Afrika. Dit word as huisplant aangewend; die plant blom egter selde binnenshuis, maar is 'n mooi plant vir die kantoor. Daar is twee subspesies: Sansevieria trifasciata laurentii en Sansevieria trifasciata hahnii. Laasgenoemde kan bont ook wees. Die plante groei net so goed in die son as in redelike donker plekke. Die plante is uniek omrede hulle droë lug verkies. Hulle verkies temperature van 10°C tot 24°C.
Skoonma-se-tong | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. trifasciata
|
Binomiale naam | |
Sansevieria trifasciata Prain 1903
|
Bron
wysig- Suid-Afrikaanse Huisplante Zoë Golbert 1987 ISBN 0 86977 525 1
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skoonma-se-tong.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Skoonma-se-tong