Kleinboerboon
(Aangestuur vanaf Schotia capitata)
Die kleinboerboon (Schotia capitata) is 'n klein boompie wat meestal as 'n bosserige struik voorkom. Die boom kom voor in noordelike KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Mpumalanga. Dit is ook inheems in Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe. Die boom het rooi blomme met 'n borselagtige voorkoms wat in digte, kompakte hofies gedra word. Die sade is ongeveer 2 cm lank.
Kleinboerboon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Schotia |
Spesie: | S. capitata
|
Binomiale naam | |
Schotia capitata Bolle, (1861)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 203.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online