Scott Robertson
Scott Maurice Robertson (gebore 21 Augustus 1974) is 'n Nieu-Seelandse rugbyafrigter en voormalige -speler. Hy is die huidige hoofafrigter van die Nieu-Seelandse nasionale mansspan, die All Blacks.[1]
| |||||
Scott Robertson in 2023 | |||||
Volle naam | Scott Maurice Robertson | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 21 Augustus 1974 | ||||
Geboorteplek | Tauranga, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 1,90 m | ||||
Massa | 109 kg | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Agsteman, Losvoorspeler | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2003–2006 2006–2007 |
Perpignan Ricoh Black Rams |
54 | (27) | ||
korrek soos op 31 Mei 2006. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1995 1996–2003 |
Bay of Plenty Canterbury |
16 69 |
|||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996–2003 | Crusaders | 86 | 80 | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1998–2002 | Nieu-Seeland | 23 | (20) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
2008–2013 2012–2013 2013–2016 2015–2016 2017–2023 2022, 2023 2024– |
Canterbury (assistent) Brasilië Canterbury Baby All Blacks Crusaders Barbarians Nieu-Seeland |
Gedurende sy tyd as Crusadersafrigter het hy nie net al sewe eindstryde gewen sedert hy die leisels oorgeneem het nie, hy het 'n rekord van 98 oorwinnings, slegs 17 nederlae en twee gelykopuitslae uit 117 wedstryde, wat hom die suksesvolste Superrugbyafrigter maak sedert die kompetisie begin het.
Sy bynaam is "Razor". Hy het as losvoorspeler vir Bay of Plenty, Perpignan, Canterbury en die Crusaders gespeel. Hy het tussen 1998 en 2002 in 23 toetswedstryde vir Nieu-Seeland gespeel.[2][3][4][5][6] Hy het onder meer tydens die Rugbywêreldbeker 1999 vir die All Blacks uitgedraf.
Hy was die hoofafrigter van die Nieu-Seelandse o/20-span, die Canterbury ITM-bekerspan en die Crusaders in Superrugby. Met die Crusaders het hy van 2017 tot 2023 sewe agtereenvolgende Superrugbykampioenskappe gewen.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Crusaders Coaches | Past & Current | Stats | Rugby Database". Rugbydatabase. Besoek op 9 Augustus 2023.
- ↑ (en) Richard Knowler (17 Junie 2016). "'I will just continue to be myself' – New Crusaders coach Scott Robertson". Stuff. Besoek op 17 Junie 2016.
- ↑ (en) "The little known international team that Scott Robertson has already coached". Rugbypass. 29 Maart 2023. Besoek op 17 Augustus 2023.
- ↑ (en) "Scott Robertson appointed head coach of New Zealand Under 20". All Blacks. Besoek op 17 Junie 2016.
- ↑ (en) Burns Campbell. "Baby Blacks miss semifinals for first time in history". NZ Herald. Besoek op 17 Junie 2016.
- ↑ (en) "Scott Robertson appointed Head Coach of BNZ Crusaders from 2017". Crusaders. Besoek op 17 Junie 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Scott Robertson.
- (en) Scott Robertson op AllBlacks.com