Seekoeirivier
Die Seekoeirivier (ook Van Plettenbergrivier genoem) in die Noord-Kaap is 'n sytak van die Oranjerivier.
Seekoeirivier | |
---|---|
Stroomgebied | Noord-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Vanderkloofdam |
Monding-hoogte | 1 165 m |
Koördinate: 30°17′32″S 25°0′41″O / 30.29222°S 25.01139°O |
Die rivier ontspring op die noordelike helling van die Kompasberg in die Sneeuberge in die omgewing van die punt waar die Noord-, Oos- en die Wes-Kaap aan mekaar grens. Dit is suidwes van Richmond en suidsuidwes van Hanover.
Die Seekoeirivier het 'n lengte van nagenoeg 300 km en 'n totale opvanggebied van 8 700 km². Noordoos van die spoorweghalte Hanoverweg is die Mooimeisjeskopdam (Killowendam). Veral wes van Colesberg vind besproeiing van landerye uit die rivier plaas. In die Doornkloof-natuurreservaat, 50 km noordwes van Colesberg, by 30°17′32″S 25°0′41″O / 30.29222°S 25.01139°O loop die Seekoeirivier in die Vanderkloofdam. Die dam se water stoot soms enkele kilometers in die Seekoeirivier op.
Stroomaf sluit eers die Elandskloofrivier vanaf noord van Nieu-Bethesda by die Seekoei aan. In hierdie sytak lê ten suide van Hanover die Kriegerspoortdam. Net verder noord sluit die Klein-Seekoeirivier aan.
By die samevloeiing met die Oranjerivier staan een van die twee Van Plettenberg-bakens.
Bibliografie
wysig- cwac.birdmap.africa
- De Jongh, Michael: Karretjiemense van die Groot Karoo. Vergete afstammelinge van die vroegste Suid-Afrikaners. Pretoria: Unisa Pers, 2014. ISBN 978-1-86888-790-3
- thebdi.org