Serium(IV)oksied
Serium(IV)oksied of ook seria is 'n verbinding van serium en suurstof met formule CeO2. Dit is 'n oksied met serium in sy +4 oksidasietoestand. (Serium vorm ook 'n +3 oksied Ce2O3 serium(III)oksied)
Algemeen | |
---|---|
Naam | Serium(IV)oksied |
Chemiese formule | CeO2 |
Molêre massa | 172,12 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1306-38-3[1] |
Voorkoms | liggeel vastestof[1] |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 541,13 pm[2] |
Ruimtegroep | Fm3m |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | C1 |
Smeltpunt | 2600 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 7,130 [1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | >5 [g/kg] (oraal; rot)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Struktuur
wysigSerium(IV)oksied kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat as die fluoriet-struktuur bekend is (strukturbericht-klassifikasie C1).
Eienskappe
wysigSeria is 'n n-tipe halfgeleier met 'n bandgaping van 2,9 eV. Dit is stabiel onder blootstelling aan lig en is 'n sterk absorbeerder. Dit maak seria 'n fotokatalisator wat stowwe as tolueen volledig kan mineraliseer. [3]
Die stof vorm mengkristalle met bv. holmium- en gadoliniumoksied, soos Ce0,8Gd0,1Ho0,1O1,9. Omdat gadolinium en holmium driewaardige Gd3+- en Ho3+-ione vorm, veroorsaak die vervanging ioniese suurstofvakatures en dit maak hierdie stowwe goeie kandidate vir middeltemperatuur- vasteoksied-brandstofselle.[2]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "MSDS" (in Engels). Fisher. Besoek op 23 Augustus 2023.
- ↑ 2,0 2,1 Sri Rahayu,Jennifer S. Forrester, Girish M. Kalea, Mojtaba Ghadiria (2018). "Promising solid electrolyte material for an IT-SOFC: crystal structure of the cerium gadolinium holmium oxide Ce0.8Gd0.1Ho0.1O1.9 between 295 and 1023 K". Structural Chemistry. 74 (2): 236–239. doi:10.1107/S2053229617017946.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Jie Wang, Aijuan Han, Stephan Jaenicke, Gaik-Khuan Chuah (2013). Chapter 6 - Advances in Sorbents and Photocatalytic Materials for Water Remediation. In: New and Future Developments in Catalysis. Elsevier. pp. 127–153. doi:10.1016/B978-0-444-53870-3.00006-X. ISBN 9780444538703.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)