Statige spinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse
(Aangestuur vanaf Serruria altiscapa)

Die statige spinnekopbos (Serruria altiscapa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Blokkop in Villiersdorp tot by die Hottentots-Hollandberge voor. Die struik groei regop en word 30 cm hoog en blom van Junie tot Oktober met die hoogtepunt in Augustus.

Statige spinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. altiscapa
Binomiale naam
Serruria altiscapa
Rourke, (1994)

Die plant groei op hoogtes van 700 - 1 100 m en kom saam met Serruria elongata voor.

In Engels staan dit as die Stately Spiderhead bekend.

Verwysings

wysig
  1. Rebelo, A.G.; Raimondo, D.; Helme, N.A. (2020). "Serruria altiscapa". IUCN Red List of Threatened Species. 2020: e.T113230326A185591734. doi:10.2305/IUCN.UK.2020-3.RLTS.T113230326A185591734.en. Besoek op 8 September 2021.

Bronnelys

wysig