Sigmundur Davíð Gunnlaugsson
Sigmundur Davíð Gunnlaugsson (Yslands: [ˈsɪɣmʏntʏr ˈtaːvið ˈkʏnløyxsɔn]; * 12 Maart 1975 in Reykjavik, Ysland) het vanaf 23 Mei 2013 tot 7 April 2016 as Ysland se 25ste eerste minister gedien.
Sigmundur Davíð Gunnlaugsson | |
Sigmundur Davíð Gunnlaugsson in 2013 | |
25ste Eerste Minister van Ysland
| |
Ampstermyn 23 Mei 2013 – 7 April 2016 | |
President | Ólafur Ragnar Grímsson |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jóhanna Sigurðardóttir |
Opgevolg deur | Sigurður Ingi Jóhannsson |
Minister van Justisie
| |
Ampstermyn 26 Augustus 2014 – 4 Desember 2014 | |
President | Ólafur Ragnar Grímsson |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Hanna Birna Kristjánsdóttir (as Minister van Binnelandse Sake) |
Opgevolg deur | Ólöf Nordal (as Minister van Binnelandse Sake) |
Voorsitter van die Progressiewe Party
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 18 Januarie 2009 | |
Voorafgegaan deur | Valgerður Sverrisdóttir |
Lid van die Althing
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 25 April 2009 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 12 Maart 1975 Reykjavik, Ysland |
Politieke party | Progressiewe Party |
Eggenoot/-note | Anna Sigurlaug Pálsdóttir |
Kind(ers) | 1 |
Alma mater | Universiteit van Ysland Universiteit van Cambridge |
Ná proteste in die strate van Reykjavik vanweë onthullings in die Panama-verslag van die Mossack Fonseca regsfirma oor 'n besigheid van sy vrou Anna Sigurlaug Pálsdóttir wat bedoel is om belastings te ontduik is hy gedwing om af te tree.
Sy vrou het in 2007 Wintris Inc. gekoop, 'n besigheid op die Britse Maagde-eilande om geld wat haar pa, die enigste invoerder van Toyota op die eiland verdien het te belê. Aanvanklik het Gunnlaugsson 50% van dié besigheid besit, maar hy het dit vir $1.- verkoop aan sy vrou toe hy parlementslid geword het vir die Progressiewe Party. Hy het dit nooit bekend gemaak nie, maar daar is ook nie bewyse vir onwettige gebeure nie.[1]
Hy word opgevolg deur Sigurður Ingi Jóhannsson, wat die minister vir landbou en vissery was in sy regering.
Verwysings
wysig- ↑ "Iceland PM steps aside after protests over Panama Papers revelations" (in Engels). The Guardian. 5 April 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 5 Mei 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sigmundur Davíð Gunnlaugsson.