Die silwerhakea (Hakea sericea) is 'n indringer boompie of struik wat voorkom aan die suidkus van die Wes- en Oos-Kaap. Die plant is endemies aan Australië en kan tot 5 m hoog word. Die plant is gewoonlik 'n veeltakkige, stekelrige struik met 'n gladde bas terwyl die jong takkies harig is. Die naaldagtige blare is donkergroen. Die vrug is 'n houtagtige kapsule met 'n gerimpelde oppervlak. Dit word gekweek as heinings of om duine te stabiliseer.

Silwerhakea
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Hakea
Spesie:
H. sericea
Binomiale naam
Hakea sericea
Schrad. & J.C.Wendl., (1797)
Verspreidings-kaart
Sinonieme
  • Banksia acicularis (Sm. ex Vent.) Parm.
  • Banksia tenuifolia Salisb.
  • Conchium aciculare Sm. ex Vent.
  • Conchium compressum Sm.
  • Hakea acicularis (Sm. ex Vent.) Knight
  • Hakea acicularis var. smithii Endl.
  • Hakea obliqua G.Lodd.
  • Hakea sericea Regel
  • Hakea tenuiflora Dum.Cours.
  • Hakea tenuifolia Dum.Cours.
  • Hakea tenuifolia (Salisb.) Britten
  • Hakea tenuifolia var. typica Domin
Blomme
Vrugte

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig
  • Herselman, Mia e.a.: Die voorkoms en beheer van Hakea Sericea. Joubertina: Apperpium Landsdiensklub, Hoërskool McLachlan, 1992.
  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Eksterne skakels

wysig