Simon Hendrik Frijkenius
Simon Hendrik Frijkenius was 'n kommissaris-generaal van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC).
Simon Hendrik Frijkenius | |
Ampstermyn 1792 – 1793 | |
Voorafgegaan deur | Johannes Izaac Rhenius (waarnemend) |
---|---|
Opgevolg deur | Abraham Josias Sluysken |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | onbekend |
Sterf | 7 Junie 1797 Batavia, Nederlands-Indië |
Die VOC het hom in 1792 saam met kommissaris-generaal Nederburgh na die Kaap en die Ooste gestuur om streng ondersoek in te stel na die sake van die Kompanjie en al die nodige te doen om die toestand te verbeter. Aan die Kaap het hulle die sluikhandel onderdruk, 'n nuwe belasting ingestel en die Bank van Lening opgerig.
Frijkenius vertrek blykbaar in 1793 saam met Nederburgh na Batavia waar hulle ingrypende veranderinge aanbring en met groot moeilikheid te doen kry. Hy sterf aldaar op 7 Junie 1797.
Sien ook
wysigBron
wysig- Albertyn, dr. C.F. (red.), 1972. Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.
Voorafgegaan deur Johannes Izaac Rhenius (waarnemend) |
Kommissaris-generaal van die Nederlandse Kaapkolonie saam met Sebastiaan Cornelis Nederburgh 1792 – 1793 |
Opgevolg deur Abraham Josias Sluysken |