Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/11 Mei
(Aangestuur vanaf Sjabloon:Mei 11 selektiewe herdenkings)
- 330 – Bisantium word tydens 'n seremonie deur keiser Konstantyn die Grote na Konstantinopel herdoop en word die hoofstad van die Romeinse Ryk.
- 1904 – Gebore: Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder.
- 1928 – Die eerste analoë televisiediens begin in Schenectady, New York.
- 1949 – Siam verander sy naam na Thailand.
- 1867 – Luxemburg word onafhanklik van Nederland verklaar.