Slough
Slough (uitgespreek /ˈslaʊ/) is 'n stad geleë naby die grens van Londen, in die Engelse graafskap Berkshire. In die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 140 700 gehad. Die stad is een van die etnies mees diverse plekke in die Verenigde Koninkryk, en sowat 9,1% van die inwoners is aanhangers van Sikhisme. Slough het ook die eerste swart vroulike burgemeester, Lydia Simmons, in 1984 gehad.
Slough | |
---|---|
Stad & Borough | |
Upton Court Park in Slough. | |
Koördinate: 51°30′36″N 0°35′35″W / 51.51000°N 0.59306°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Berkshire |
Oppervlak | |
• Stad & Borough | 32,54 km2 (12,56 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad & Borough | 140 200 |
• Stedelik | 163 777 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | SL1-SL3 |
Skakelkodes | 01753 |
Webwerf | slough.gov.uk |