Smithse rooiklipkonyn
Die Smithse rooiklipkonyn (Pronolagus rupestris) is 'n konyn wat in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en die suidelike gedeelte van die Noord-Kaap voorkom.
Smithse rooiklipkonyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. rupestris
|
Binomiale naam | |
Pronolagus rupestris (A. Smith, 1834)
| |
Verspreiding |
Voorkoms
wysigDie dier se pels is dig en grof en die kleur is sout-en-peper rooibruin terwyl die onderkant roeserig dofgeel is. Die ken en wange is wit of gryswit. Die diertjie se massa is 1.3 - 3.1 kg. Hierdie spesie is die kleinste van die klipkonyne.
Habitat
wysigHulle vreet gras, veral jong gras. Hulle kom voor in rotsagtige terrein soos kranse, kliprantjies en rotsagtige klowe met eetbare gras en beweeg nooit weg van hulle tuiste nie. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, rooikat en vaalboskat.
Na 'n draagtyd van een maand word een of twee kleintjies gebore gewoonlik in die somer.
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
- ↑ Smith, A. T. & Boyer, A. F. (2008). "Pronolagus rupestris". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 5 Oktober 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)