Solomon Juneau
Solomon Laurent Juneau, soms ook Laurent-Salomon Juneau, (9 Augustus 1793 - 14 November 1856) was 'n Kanadees-gebore Amerikaanse pelshandelaar, spekulant en politikus, wat 'n belangrike rol by die stigting van die stad Milwaukee (Wisconsin) gespeel het. Juneau was 'n boorling van Repentigny (Québec).
Solomon Laurent Juneau | |
---|---|
Standbeeld van Solomon Juneau in Juneau Park, Milwaukee | |
Gebore | 9 Augustus 1793 |
Sterf | 14 November 1856 |
Nasionaliteit | Kanada |
Beroep | pelshandelaar, spekulant en politikus |
Bekend vir | Mede-stigter van Milwaukee |
Titel | 1ste Burgemeester van Milwaukee |
Termyn | 1846-1847 |
Voorganger | Amp geskep |
Opvolger | Horatio N. Wells |
Eggenoot | Josette |
Ouer(s) | François en Thérèse Galerneau Juneau |
Juneau het hom in 1818 in 'n gebied oos van die Milwaukeerivier gevestig, wat destyds Juneautown genoem is. Die nedersetting het later met George H. Walker se Walker's Point en Byron Kilbourn se Kilbourntown verenig en is as die Stad Milwaukee geïnkorporeer. In 1837 het hy die dagblad Milwaukee Sentinel gestig, die oudste sakeonderneming in Wisconsin wat nog steeds bestaan. Juneau het tussen 1846 en 1847 as Milwaukee se eerste burgemeester en ook as sy eerste posmeester gedien.
Solomon Juneau het in 1820 met Josette Vieau getrou. Sy was die dogter van Jacques Vieau, 'n pelshandelaar, wat jare tevore 'n handelspos bo-oor die Menomonee-riviervallei gestig had. Juneau is op die Calvary Cemetery-begraafplaas in Milwaukee ter ruste gelê.
Eksterne skakels
wysig- Biografie by die Dictionary of Canadian Biography Online
- Wisconsin Historical Society
- Josette en Solomon Juneau Geargiveer 6 Februarie 2007 op Wayback Machine
Voorafgegaan deur — |
Burgemeester van Milwaukee 1846-1847 |
Opgevolg deur Horatio N. Wells |