Sparaxis grandiflora
plantspesie
Die botterblom (Sparaxis grandiflora) is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Sparaxis behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Tulbaghvallei voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 591 km2 en daar is tans agt tot tien subpopulasies. Die plant het egter reeds 80% van sy habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite, veral die aanlê van wingerde. Indringerplante is ook 'n bedreiging.
Botterblom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | S. grandiflora
|
Binomiale naam | |
Sparaxis grandiflora (D.Delaroche) Ker Gawl., (1804)
| |
Sinonieme | |
|
Daar is vier subspesies:
- Sparaxis grandiflora subsp. acutiloba Goldblatt
- Sparaxis grandiflora subsp. fimbriata (Lam.) Goldblatt
- Sparaxis grandiflora subsp. grandiflora
- Sparaxis grandiflora subsp. violacea (Eckl.) Goldblatt