Verskil tussen weergawes van "Lüderitz"

8 691 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
Rol weergawe 1195176 deur Morne (bespreek) terug. Net vir skuiwing
(Stuur aan na !Nami≠Nüs)
k (Rol weergawe 1195176 deur Morne (bespreek) terug. Net vir skuiwing)
{| align="right" cellpadding="2" cellspacing="0" style="border:1px solid #88a; background:#CEDAF2; padding:5px; font-size: 85%; margin: 0 0 0.5em 1em; border-collapse:collapse;"
#AANSTUUR [[!Nami≠Nüs]]
! align="center" colspan="2" style="color: #FFFFFF; background: #003399; padding: 4px; font-size:170%;" |
'''Lüderitz''' / '''!Nami≠Nüs'''<br />
[[Lêer:Luderitz,Stadt mit Felsenkirche.jpg|300px]]
|- style="background: #CEDAF2; text-align:center;border-bottom:1px solid #999"
| '''Kaart (kiesafdeling)'''
|style="border-left:1px solid #999"| '''Wapen'''
|- style="background:white"
|rowspan=6| [[Lêer:Wahlkreis Lüderitz in Karas.png|200px|center]]
|- style="background: white"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Wappen Lüderitz - Namibia.jpg|75px|center]]
|- style="background: #f7f8ff;border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|- style="background: #CEDAF2; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999;border-top:1px solid #999"| '''Landsvlag'''
|- style="background: white; border-top:1px solid #999;"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Flag of Namibia.svg|90px|center]]
|- style="background: #f7f8ff; border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Land'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[Lêer:Flag of Namibia.svg|20px]] [[Namibië]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Gewes'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[Karas]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Koördinate'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" |{{Koördinate|26|38|S|15|09|O}}
 
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Stigting'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[1883]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Oppervlak:'''
| style="background: #f7f8ff" | &nbsp;
|-
| &nbsp;- Totaal
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 112,9 [[vierkante kilometer|vk km]]
|-
| &nbsp;'''Hoogte bo seevlak'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 5,7 m
|- style="border-top:1px solid #999;"
|- style="border-top:1px solid #999;"
|-
|&nbsp;'''Bevolking:'''
| style="background: #f7f8ff" | &nbsp;
|-
| &nbsp;- Totaal (2005)
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 20&nbsp;000
|-
| &nbsp;- Bevolkingsdigtheid
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 220/vk km
|-
|&nbsp;'''Tydsone'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[UTC]] +2 (MET)
|- style="border-top:1px solid #999;"
|-
|&nbsp;'''Burgemeester'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | Emilia Amupewa (SWAPO)
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Amptelike Webwerf'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | --
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
 
'''!Nami≠Nüs''', tot om middernag op 8 Augustus 2013 Lüderitz, is 'n klein seehawe en vissersdorp aan die [[Atlantiese Oseaan|Atlantiese]] kus van [[Namibië]] (Suidwes-Afrika) en die administratiewe hoofstad van die gelyknamige kiesafdeling in die Namibiese gewes Karas. Die dorp is vernoem na die [[Bremen (stad)|Bremense]] koopman [[Adolf Lüderitz | Franz Adolf Eduard Lüderitz]] en het 'n bevolking van sowat 5&nbsp;800 (2001). Die agglomerasie het sowat 20&nbsp;000 inwoners (2005). In 2013 is die dorp se amptelike naam met ingang 9 Augutus na ''!Nami≠Nüs'' verander.<ref>[http://praag.co.za/?p=16037 ''Caprivi en Lüderitz kry nuwe name''], ''[[Die Republikein]]'', besoek op 9 Augustus 2013</ref>
 
==Geskiedenis==
Die [[Portugal|Portugese]] seevaarder [[Bartolomeus Dias|Bartolomeu Diaz]] was die eerste Europeër wat in [[1487]] in 'n nabygeleë baai suid van die huidige dorp voet aan wal gesit en 'n tradisionele steenkruis met wapen op die Lüderitz-skiereiland se Diazpunt opgerig het. Die oorspronklike kruis ([[Portugees]]: ''padrão'') was as gevolg van erosie sterk verweer en is in [[1929]] deur 'n repliek vervang. Die ou Portugese origineel word tans in 'n [[Kaapstad|Kaapstadse]] museum vertoon.
 
[[Lêer:Luderitz, Diaz-Point, Gr. Bucht.jpg|thumb|links|250px|Diazpunt naby Lüderitz]]
 
Die Bremense tabakhandelaar Adolf Lüderitz het in [[1883]] in Angra Pequeñabaai (die latere Lüderitzbaai) geland. Sy medewerker en vennoot Heinrich Vogelsang het van die plaaslike Orlam-hoof Josef Frederiks 'n gebied met 'n lengte van 40 myl en 'n wydte van 20 myl gekoop om hier 'n handelspos te stig. Die hoof het 100 goudpond en 250 gewere ontvang en was daarvan oortuig dat hy eintlik 'n gebied met 'n lengte van 70 en 'n wydte van 35 kilometer aan die Duitsers sou verkoop het. Nadat hy die ooreenkoms onderteken het, het die Duitse koopmans egter daarop verwys dat hulle nie ''Engelse'' myl (wat gelykstaan aan 1,6 kilometer) bedoel het nie, maar ''Pruisiese'' myl (7,5 kilometer) - Frederiks het sodoende die grootste deel van sy stamgebied van 300 by 150 kilometer verkoop.
 
Die land is nogtans as waardeloos beskou, en Lüderitz het eintlik gehoop om hier grondstowwe te kan ontgin. Sy mynbou-eksplorasies het egter op niks uitgeloop nie. Lüderitz het uiteindelik in finansiële moeilikhede beland en sy omvangryke grondbesit in [[1885]] aan die Duitse Koloniaalmaatskappy van Suidwes-Afrika verkoop.
 
Die dorp het eers met die veldtog teen die Nama-stam geleidelik begin groei toe hier in [[1904]] Duitse troepe gestasioneer is. Lüderitz het in hierdie tydperk veral vir die [[konsentrasiekamp]] bekend gestaan wat hier vir Orlam- en Nama-gevangenes en hul familielede opgerig is. Van die sowat 2&nbsp;000 gevangenes het as gevolg van die slegte higiëniese en ongunstige klimaattoestande net sowat 450 oorleef. Eers nadat Duitse sendelinge daarop gedring het dat die kamp gesluit moes word, is dit na die binneland verskuif.
[[Beeld:Görke-Haus Lüderitz.jpg|thumb|left|250px|Die Görke-huis, 'n pragtige voorbeeld van Lüderitz se koloniale Duitse boustyl]]
Eers jare nadat Adolf Lüderitz in [[1886]] tydens 'n ekspedisie na die [[Oranjerivier]] spoorloos verdwyn het, is in [[1908]] [[diamant]]e in die gebied ontdek, en die dorp het 'n kortstondige ekonomiese bloeitydperk beleef. Die Swart werker Zacharias Lewela het tydens die bou van 'n smalspoor-spoorweglyn 'n diamant in 'n duineveld ontdek. Hy het dit aan die boumeester August Stauch getoon, en Stauch het saam met die ingenieur Sönke Nissen 'n konsessie vir die gebied gekoop. Albei het danksy die diamante-mynbou miljoenêrs geword, terwyl Lewela niks ontvang het nie.
 
Lüderitz het in die volgende jare tot 'n besige handelshawe ontwikkel. Danksy die mynbou, talle immigrante wat die land binnegestroom en die diamantedorp Kolmannskuppe gestig het, het Lüderitz 'n welvarende dorp geword.
 
Toe die winsgewende diamanteontginning in [[1920]] na die suide van die land verskuif is, het Lüderitz sy ekonomiese rol as 'n mynbousentrum kwytgeraak. Die plaaslike ekonomie het nou op 'n kleinskaalse [[vis]]serybedryf en 'n aantal klein skeepswerwe gesteun. Danksy die karakoelteelt in die suide van die land het ook 'n aantal tapytwewers hulle hier gevestig. Nogtans het Lüderitz se toekoms minder rooskleurig gelyk.
 
Teen die einde van die 20ste eeu is die Koedoe-gasveld voor die kus ontdek, en ook seegras, wat daagliks op die dorp se strande uitspoel, is 'n belangrike grondstof vir die voedsel- en kosmetiese bedryf. Daarnaas het 'n plaaslike [[oester]]bedryf begin ontwikkel.
 
Ter geleentheid van Lüderitz se eeufeesvierings in [[1983]] is talle historiese geboue uit die koloniale tydperk gerestoureer, en Lüderitz het 'n belangrike toeristebestemming in Namibië geword. Die boubedrywighede by die hawe, wat aansienlik vergroot is, het talle nuwe werkgeleenthede vir jongmense geskep, en in [[2000]] is die toeristesentrum Waterfront ingewy.
 
== Bevolking en ekonomie ==
Sedert die 1970's het Lüderitz se bevolking van sowat 2&nbsp;000 tot 5&nbsp;800 in [[2001]] verdubbel. Die persentasie Duitssprekende bewoners het egter merkbaar afgeneem.
 
Alhoewel daar nog steeds diamantemynboubedrywighede in die omgewing is, het vissery en toerisme die belangrikste ekonomiese sektore geword. Veral [[weskuskreef|seekreef]] word na lande soos [[Spanje]] en [[Japan]] uitgevoer. Oorbenutting van visbronne het egter daartoe gelei dat beperkings op die vissery geplaas is. [[Duitsland]] het 'n patrollieboot aan Namibië beskikbaar gestel sodat onwettige visvangaktiwiteite bekamp kan word.
 
== Verwysings ==
{{Commons|Lüderitz}}
{{Verwysings}}
 
==Eksterne skakels==
* [http://www.republikein.com.na/politiek/nuusbreker-nog-n-streek-vir-namibi.209171 Lüderitz se naam verander.]
 
{{Koördinate|-26.646|15.154|aansig=titel}}
 
[[Kategorie:Nedersettings in Namibië]]
[[Kategorie:Kusstede]]