Verskil tussen weergawes van "Max Michaelis"

Skakel
(Skakel)
'''Sir Maximilian Michaelis''' (Eisfeld, Sakse-Meiningen, [[Duitsland]], 11 Mei 1852 - [[Zürich]], [[Switserland]], 26 Januarie 1932) was 'n [[Suid-Afrika]]anse sakeman, weldoener en kunskenner wat skatryk geword het as diamanthandelaar. Sy naam leef voort in die [[Michaelis-versameling]].
 
Reeds as leerling aan die handelskool in [[Neurenberg]] ontwikkel hy 'n liefde vir die ou Nederlandse en Vlaamse meesters in die skilderkuns. Na skool werk hy by 'n bank in [[Frankfurt am Main]], maar in 1875 is hy in [[Port Elizabeth]] werksaam by 'n familielid van hom. Slegs drie jaar later is hy in [[Kimberley]]. Eers is hy hier vennoot van sir [[Sigismund Neumann]] en later by die maatskappy Wernher, Beit en vennote. Hy word bestuurder van die Central Mining and Investment Corporation in [[Johannesburg]] en vanaf 1891 is hy in [[Londen]] en word hier skatryk. Met die gevolg dat hy vroeg aftree.
 
Nou kon hy sy volle aandag aan die versameling van kunsvoorwerpe gee. In 1910 gee hy 'n groot bedrag geld aan die Johannesburgse kunsgalery. Op aanbeveling van genl. [[J.C. Smuts]] koop Michaelis in November 1912 die skilderyeversameling bestaande uit Nederlandse en Vlaamse meesters in die besit van sir Hugh Lane aan. Dit staan vandag bekend as die Michaelis-versameling en word gehuisves in die [[Burgerwaghuis]] in [[Kaapstad]]. In 1917 is hy die dryfveer agter die stigting van die Michaelis-kunsbibilioteek in Johannesburg. Verder skenk hy baie kunswerke aan die kunsmuseums van Johannesburg en [[Kimberley]] en stel verskeie studiebeurse beskikbaar. In 1923 verskaf hy die geld vir die oprigting van die Michaelis Kunsskool aan die [[Universiteit van Kaapstad]].