Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
'''Niemandsland''' was die oorspronklike naam vir '''[[Griekwaland-Oos''']], 'n distrik wat in noordoostelike deel van [[Kaapland]] was, maar in 1978 aan die destydse Natal, nou [[KwaZulu-Natal]], oorgedra is.
 
In 1862 het sowat 2 000 Griekwas onder kaptein [[Adam Kok III]] hulle daar gaan vestig. Hulle het van [[Griekwastad]] af gekom, op [[Philippolis]] in die Vrystaat gewoon en toe deur Basoetoeland, nou [[Lesotho]], getrek met die meeste van hul 20 000 stuks vee en 300 waens na dié onbewoonde maar vrugbare hoogland. Met hul hoofkwartier op [[Kokstad]] was die Griekwas deels onafhanklik en het papiergeld uitgereik (tans uiters seldsaam) in 1868 en ook munte, maar druk van nabygeleë swart stamme en van die naderende wit nedersetters was te sterk. In 1878 het Griekwaland-Oos deel van die [[Kaapkolonie]] geword en is dit onder 'n magistraat geplaas, wat die orde help herstel het.
84 208

wysigings