Verskil tussen weergawes van "Waenhuiskrans"

1 278 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
Nazi-ondersteuning by 'n plekkie soos Arniston? Moerse! ;-)
k (Nazi-ondersteuning by 'n plekkie soos Arniston? Moerse! ;-))
'''Arniston''' is 'n kusdorpie aan die [[Indiese Oseaan]] in die [[Wes-Kaap]], [[Suid-Afrika]]. Die dorpie is vernoem na die ''[[HMS Arniston]]'' wat op 30 Mei 1815 hier gestrand het. Slegs ses van 378 persone aan boord het oorleef. Amptelik is die dorp se naam [[Waenhuiskrans]] na aanleiding van 'n grot soos 'n waenhuis so 2km suid van die dorp. Arnoston is 'n gewilde visvangplek.
 
==Betrokkenheid tydens die Tweede Wêreldoorlog==
==Bron==
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit nie alleen die suidelike noorkapperwalvisse wat Waenhuiskrans besoek het nie, maar ook ander grys burgers van die see wat langs die diep kus verbybeweeg en vlugtig opgekom het om toegang tot die strand te verkry. Dit was U-bote van die Nazi-regering wat 133 skepe langs die kus tussen 1942 – 1945 gesink het. Die see naby Kaap Agulhas was die middelpunt van die Unterboot-bedrywighede. Soos die Hollandse matrose van ouds, het die Duitse bemanning vars verversings nodig gehad, maar hierby ook diesel. Die Nazi-ondersteuners uit die kontrei was tog te bly om vars plaasprodukte te voorsien. Volgens oorlewering het daar geheime tennisspele op die strand by Arniston plaasgevind. Net ’n hanetreetjie van Potberg af, langs De Hoop se kus, het die U-bote in die diepe waters geskuil. ’n Bekende palingvisserman is aangestel om op die uitkyk na U-bote te wees. ’n Spesiale telefoonverbinding is vir hierdie doel geïnstalleer. ’n Witsandwinkelier het die Duitse bemanning met diesel verskaf, totdat die polisie ingelig en sy gewaarsku is dat ’n lokval gestel is. <ref>''Overberg Tapestry''. Leslie Howard. 2004. Bl. 152. ISBN 0-9584766-1-6 </ref>
 
 
==Verwysings en bron==
{{Verwysings}}
* Op pad in Suid-Afrika. BPJ Erasmus. 1995. ISBN 1 86842 026 4
 
12 773

wysigings