Spinnekopbloekom
Die spinnekopbloekom (Eucalyptus lehmannii) is 'n boom en indringerplant wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het vanaf Australië; dit is endemies in die ooste van dié land. Die boom kom voor in die kusfynbos en duine van die Oos-Kaap en die suide van die Wes-Kaap. Dit kan tot 10 m hoog word.
Spinnekopbloekom | |
---|---|
Spinnekopbloekom se vrug. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Myrtaceae |
Genus: | Eucalyptus |
Spesie: | E. lehmannii
|
Binomiale naam | |
Eucalyptus lehmannii (Schauer) Benth., (1867)
| |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
wysigDie plant is dig, immergroen en 'n meerstammige boom of bos. Die takke hang dikwels naby die grond. Die liggroen blare is enkelvoudig, ovaalvormig, dik en leeragtig. Die groengeel blomme lok bye vanaf Junie tot Januarie. Die rooi knoppe aan die blomme lyk soos plastiekspinnekoppe. Die vrug is 'n stekelrige, houtagtige kapsule.
Algemeen
wysigDie boom word gekweek vir hout, sandbinding en as 'n bron van heuning.
Infraspesies
wysigDie spesie het twee infraspesies:
- Eucalyptus lehmannii subsp. lehmannii
- Eucalyptus lehmannii subsp. parallela D.Nicolle & M.E.French
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
- Plants of the World Online
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Eucalyptus lehmannii. |