Stefanie Gercke (gebore 7 Junie 1941 in Bubaque, Guinee-Bissau, sterf 17 Oktober 2021[1]) was 'n Duits-Suid-Afrikaanse skryfster. Sy was met die ingenieur Hans-Hermann Gercke getroud.[2]

Stefanie Gercke
Gebore7 Junie 1941
Bubaque, Guinee-Bissau
Sterf17 Oktober 2021
NasionaliteitDuitsland, Suid-Afrika
BeroepSkryfster
Webwerfhttp://www.stefaniegercke.de/

Lewensloop

wysig

Stefanie Gercke is as die eerste wit kind op Bubaque, 'n eiland van die Bissago-argipel, Guinee-Bissau in Wes-Afrika, gebore. Sy is amptelik deur die eilandbewoners, die Bissagos, in hul stam opgeneem. Nadat sy en haar ouers onder druk van die Geallieerdes Guinee-Bissau moes verlaat, bly hul tot met die inval deur die Russe in Macedonië. Sy bring haar jeug- en skooljare in Lübeck en Hamburg deur. Sy ontmoet ook daar haar toekomstige eggenoot. In 1961 emigreer die egpaar na Suid-Afrika. Al twee hul seuns is in Johannesburg gebore. Later verhuis hulle na Umhlanga Rocks.

Die Gerckes bly daar ononderbroke tot einde 1978. Omrede hulle seuns as gebore Suid-Afrikaners outomaties vir diensplig gedurende die Apartheidsjare opgeroep is, waarteen hul gekant was, het die Gerckes die land in die geheim verlaat.

As kind het Stefanie besluit om modes te ontwerp en verhale te skryf. In hierdie volgorde het haar droom 'n werklikheid geword. In Hamburg het sy in die 1980's haar eie modebedryf begin. Dan volg wat sy beskryf as "lang donker jare", waar die gesin nie na Suid-Afrika kon terugkeer nie. Sy begin nostalgies "daarheen" terug te skryf.

Sedert Nelson Mandela staatspresident geword het, het die Gerckes jaarliks Suid-Afrika vir enkele weke besoek. Die egpaar was woonagtig in Sleeswyk-Holstein, hoewel Stefanie gehoop het om eendag weer permanent in Afrika te bly.

Boeke

wysig

Stefanie Gercke het in haar leeftyd elf bellettristiese boeke gepubliseer wat almal handel oor haar tweede vaderland, Suid-Afrika. 'n Deel van haar werke speel in Suid-Afrika in die 19de eeu af. Die ander boeke draai om die omgaan van die politieke verlede van Suid-Afrika.

Werke

wysig

Verwysings

wysig

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig