Sterkastaiing
(Aangestuur vanaf Sterculia rogersii)
Die sterkastaiing (Sterculia rogersii) is 'n dik- en meerstammige boom of struik. Dit kom voor in Limpopo en die Laeveld in Suid-Afrika. Dit is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe. Die boom leef in klipbanke en koppies. Hulle word 2-5m hoog. Die boom is bladwisselend en dikwels vir lang tye blaarloos. Die bas is liggrys, skilfer af om pienk of geel kolle te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, drielobbig, grysgroen bo en ligter en fluweelagtig onder. Die blaar vergeel eers voor hy val. Die blomme is groenerig pienk en in oorvloed vanaf Julie tot Januarie.
Sterkastaiing | |
---|---|
Groeivorm en bas, wintertyd naby Swartwater, Limpopo | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Sterculia rogersii
|
Binomiale naam | |
Sterculia rogersii N.E.Brown, (1921)
|
Die boom se FSA-nommer is 477.[1]
Fotogalery
wysig-
Stam in die Krugerwildtuin
-
Vrugte
-
Blomme
-
Stamme
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sterkastaiing.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Sterkastaiing