Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1981
Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1981 het op 28 Januarie 1981 plaasgevind. Die Nasionale Party onder Eerste Minister P.W. Botha het weer 'n oorweldige oorwinning behaal.
Botha het die verkiesing vroeg aangekondig te rede van die stryd tussen die sogenaamde "verligtes" ("verligte konserwatiewes" onder die leiding van Botha) en die "verkramptes" (konserwatiewes onder die leiding van Andries Treurnicht) binne die regerende Nasionale Party oor die hervorming van die regering.[1]
Die NP het 131 van die 165 setels gewen. Die ultrakonserwatiewe Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het sterk vertoon en 14,09% van die stemme behaal, maar kon weer nie slaag om 'n setel te wen nie. De opposisie Progressiewe Federale Party van Frederik van Zyl Slabbert, sterk gekant teen apartheid, het sy aantal setels van 17 tot 26 opgestoot. Die Nuwe Republiekparty het verder teruggeval, en het 2 setels verloor.
Uitslag
wysigParty | Leier | % | Setels | Verskil |
---|---|---|---|---|
Nasionale Party | Pieter Willem Botha | 56,96% | 131 | -3 |
Progressiewe Federale Party | Frederik van Zyl Slabbert | 19,44% | 26 | +9 |
Herstigte Nasionale Party | Jaap Marais | 14,09% | 0 | - |
Nuwe Republiekparty | Vause Raw | 7,82% | 8 | -2 |
Ander | 1,68% | 0 | -1 | |
Totaal | 100% | 165 | -1 |